Haai! Binne. Welkom.

Welkom hier op my webtuiste – hoe cool is dit? Hierdie is ‘n visuele versameling van die dinge wat in my kop aangaan, wel, ‘n gedeelte daarvan. Dankie dat jy kom inloer het, terloops! Trek jou skoene uit, skink vir jou ‘n glasie wyn of ‘n lekker cappuccino en dan raak ons verlief op die magic van woorde. Hier is ‘n blog genaamd Cappuccino’s in 1931 en ‘n versameling van my gedigte en gedagtes. Jy kan ook bietjie oor my lees; dis amper of ons kuier. Dan is die opwindendste nuwe avontuur die winkel – waarop ek vir jou woorde laat dans op produkte, of selfs iets spesiaal vir jou skryf of maak. Vir enige navrae of voorstelle, kontak my gerus hier.